NewsNews

‘Ramptoestand moet beëindig word’

Regstappe kom

 

Die Solidariteit Beweging, waaronder Solidariteit en AfriForum, het op 18 Januarie gesê  daar is geen verdere rede waarom die huidige ramptoestand, wat al sowat 22 maande in werking is, van krag moet bly nie. Dit volg nadat dit onlangs weer deur die regering tot 15 Februarie verleng is. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, begin dit blyk dat die pandemie nou na ʼn endemiese fase beweeg.

Voorts blyk dit dat daar nou verhoogde groepimmuniteit teen Covid-19 te bespeur is met die Omikron-variant wat tot minder ernstige siektes en sterftes gelei het. “Die feit dat die virus nou endemies is, beteken dat dit nie gaan weggaan nie, maar dat daar met die virus saamgeleef moet word. Volgens hom is die hulle baie bekommerd oor die stand van skole in Suid-Afrika weens beperkings wat onderwys belemmer.

“Die feit dat baie skole steeds nie na normale funksionering kan terugkeer nie, verdiep die kommer oor die toekoms van ʼn hele generasie leerders,” het Buys gesê. Beide AfriForum en Solidariteit gaan voorts met regstappe begin om sodoende die howe te vra om die ramptoestand te beëindig. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, hou die ramptoestand ‘n bedreiging vir vryheid in, aangesien dit aan die regering buitengewone mag gee om burgerlike vryhede dramaties in te perk sonder dat sodanige mag op enige wyse aan parlementêre toesig en besluitneming onderwerp word.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, skep die huidige ramptoestand groot onsekerheid vir werkers, maatskappye en die ekonomie oor die algemeen, en dit moet dus beëindig word. Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder, sal die organisasie eersdaags sy hofstukke indien. “AfriForum het reeds verskeie van die regering se verregaande maatreëls aangevat, insluitend die aandklokreël, staatskwarantynkampe en die verbod op godsdienstig byeenkomste. Dit is nou hoog tyd dat die ramptoestand in sy geheel opgehef word,” sê hy.

Sakeliga het ook ‘n persverklaring uitgereik waarin hy ook versoek dat ‘n einde aan die noodtiestand gebring word.  

Inligting: Verskaf

Foto: Internet

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button