News

Polisiebeampte doodgeskiet in transito-roof buite Sasolburg

  ‘n Polisiebeampte in sy dertigs van die Sedibeng Taktiese Reaksie-eenheid is Vrydagoggend doodgeskiet, en nog ‘n polisiebeampte en drie sekuriteitsbeamptes gewond in ‘n transito-rooftog op die R59 naby Sasolburg. Die twee polisiebeamptes het regeageer op ‘n roofklag toe hulle in die koeëlreën beland het. Volgens Shawn Herbst van Netcare 911, het die transitorowers in …

 

‘n Polisiebeampte in sy dertigs van die Sedibeng Taktiese Reaksie-eenheid is Vrydagoggend doodgeskiet, en nog ‘n polisiebeampte en drie sekuriteitsbeamptes gewond in ‘n transito-rooftog op die R59 naby Sasolburg. Die twee polisiebeamptes het regeageer op ‘n roofklag toe hulle in die koeëlreën beland het.

Volgens Shawn Herbst van Netcare 911, het die transitorowers in verskeie voertuie net na 10:00 die oggend op die gepantserde voertuig van G4S losgebrand. Die voertuig is opgeblaas en het geld volgens paramedici oral op die toneel gestrooi gelê  tot 200m weg van die voertuig.

Die beseerde polisiebeampte en sekuriteitsbeamptes is per ambulans na die Netcare Vaalpark-hospitaal geneem. Met die skryf van hierdie berig is nog geen arrestasies gemaak nie.  

 

 

 

  .  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button