NewsNews

Seun sterf, polisiebeampte ernstig gewond ná klag van huishoudelike geweld

Seun sterf, polisiebeampte ernstig gewond ná klag van huishoudelike geweld

 

‘n Jongman van 21 is dood, en ‘n polisiesersant van die Viljoenskroon-polisie ernstig gewond, ná ‘n voorval van huishoudelike geweld in Viljoenskroon Woensdag, 2 Maart.

Sers. Frans Pieterse en konst. Paseka Maseko is omstreeks 08:00 die oggend na Evans Park in die Rammulotsi-woonbuurt by Viljoenskroon ná ‘n klag van huishoudelike geweld by die polisie gerapporteer is, sê kapt Malebo Khosana, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik.

Toe hulle by die adres kom, is die polisielede deur ‘n verdagte man met ‘n mes aangeval. Sers. Pieterse is in die nek en skouer gesteek.

Lede van die polisie se misdaadvoorkomingseenheid is na die toneel ontbied waar die verdagte steeds besig was om sers. Pieterse aan te val, en is Pieterse ook in die maag gewond. Die verdagte het ook die ander polisielede op die toneel aangeval, het kapt. Khosana gesê. Hierop is waarskuwingskote afgevuur nadat daar nie daarin geslaag kon word om die aanval op die polisielede te stuit nie.

Die verdagte is in sy regterarm en maag gewond. Hy is op die toneel dood. Sers. Pieterse is in ‘n kritieke, maar stabiele toestand na ‘n hospitaal in Kroonstad vervoer. Die oorledene was die 21-jarige Thapelo Aaron Ntjato, die seun van die klaer wat die oggend die klag kom lê het by die polisiestasie oor sy seun se gewelddadige gedrag die vorige nag.

Die pa het aan die polisie gesê dat sy seun hulle met ‘n mes gedreig het. Die polisie ondersoek klagtes van moord en poging tot moord, het kapt. Khosana bevestig. Die polisie se waarnemende distrikskommissaris vir die Fezile Dabi-distrik, brig. Mapulane Mbeloane, het na die voorval ‘n beroep op gemeenskappe vir die veiligheid van polisiebeamptes in die uitvoering van hul pligte gedoen.  

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button