
AfriForum het vandag met hulle regspan gekonsulteer oor die voortslepende krag- en waterkrisis in Parys.
AfriForum sê hy het reeds einde 2021 ’n ooreenkoms met Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gesluit waar die organisasie aan die munisipaliteit aanbevelings gemaak het oor wat om te doen om die waterwerke en die rioolwerke in ’n goeie werkende toestand te kry. Die organisasie sê voorts nie een van die aanbevelings is uitgevoer nie.
“As ’n burgerregteorganisasie kan ons nie sit en toekyk hoe gemeenskappe so benadeel word nie, daarom het ons met ons regspan gekonsulteer oor die beste plan van aksie in hierdie situasie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.






