Publiek kan sê van gate wat pla
Met die amptelike bekendstelling van Valla Zonke vandag op die R59 naby Vaalpark en by die kruising van die R59 met die R501 tussen VIljoenskroon en Potchefstroom, is gesê dat die Vala Zonke-progrm daarop gemik is om slaggate op paaie regoor die Vrystaat oor die volgende 6 maande te herstel. Slaggate op die R57 by …

Met die amptelike bekendstelling van Valla Zonke vandag op die R59 naby Vaalpark en by die kruising van die R59 met die R501 tussen VIljoenskroon en Potchefstroom, is gesê dat die Vala Zonke-progrm daarop gemik is om slaggate op paaie regoor die Vrystaat oor die volgende 6 maande te herstel. Slaggate op die R57 by die kruising met die R59, asook op die R59 vanaf die Vanderbijlpark afrit tot by Parys sal ook met die program reggemaak word.
Die amptelike bekendstelling van die program is vandag ook deur die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela bygewoon.
Minister Fikile Mbalula het vroeër motoriste aangemoedig om slaggate op provinsiale paaie voortaan te rapporteer op ‘n selfoontoepassing wat nou vir die doel beskikbaar gestel sal word.





Foto’s: Debbie Prinsloo: RIMS koördineerder
Met vandag se bekendstelling van Operasie Vala Zonke as omvattende program om slaggate op die land se paaie aan te spreek, het die minister gesê dat die toepassing op Google Playstore of die Apple App Store afgelaai kan word.
Die toepassing sal soos sy eweknie, die Sanral Pothole Management toepassing, verbruikers toelaat om kwessies oor slaggate hier te rapporteer, foto’s van die slaggate op te laai en die presiese ligging van slaggate op die land se paaie op ‘n interaktiewe kaart aan te dui. Die toepassing maak ook voorsiening vir opdatering van kwessies rakende slaggate wat gerapporteer is.






