News

Gerhardt mik vir Wêreld Trampolien kragmeting

Sommige gimnaste bereik nie dié vlak in `n leeftyd nie, en is dit 'n besonder merkwaardige prestasie vir dié 13-jarige gimnas.

Gerhardt van Niekerk, `n 13 jarige skolier van Parys Primêre skool, en talentvolle gimnas van die PARYS 20 FOUR 7 trampolienklub, sal op 1 Julie aan die SA trampolienproewe in Port Elizabeth deelneem om te kwalifiseer vir deelname aan die 2023 FIG Wêreld trampolienkampioenskappe. Vanjaar se wêreldkampioenskappe word in Birmingham, Brittanje gehou.

Gerhardt sal aan beide die Double mini-trampolien, en Euro trampolien vir Vlak 10, ouderdomsgroep 13-14 jaar seuns, deelneem.
Vlak 10 is die hoogste vlak in trampolien gimnastiek tot op die ouderdom van 21. Daarna neem gimnaste deel aan Vlak 11 (21 + ope kategorie).
Gerhardt word afgerig deur Star Mapeka, voormalige Afrika trampolienkampioen en hoëprestasie afrigter.

Gerhardt vertel dat hy 7 jaar oud was toe hy met trampolien gimnastiek begin het, en vinnig gevorder het na Vlak 10.

Sommige gimnaste bereik nie dié vlak in `n leeftyd nie, en is dit ‘n besonder merkwaardige prestasie vir dié 13-jarige gimnas.

Gerhardt sê sy prestasies het nie gekom sonder geloof, harde werk, lang ure se oefen, en opofferings nie.

Hy sonder ook sy familie se onder- steuning uit, in besonder sy ma, Charmain.

* Parys 20 FOUR 7 trampolienklub het vanjaar reeds aan een nasionale trampolien gimnastiekkompetisie, en drie klubkompetisies deelgeneem.

Twee trofeë is aan die klub toegeken by die SA Cup nasionale gimnastiekkampioenskappe in April, en is altesaam 33 goue, 31 silwer en 22 bronsmedaljes sover vir die jaar verower.
Negentien van die trampolien gimnaste van PARYS 20 FOUR 7 trampolienklub gaan eersdaags op 26 Augustus aan die provinsiale trampolienkompetisie in Bloemfontein deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button