Die 8-jarige tweeling Lea en Migael Gildenhuys van Potchefstroom het 'n demonstrasie bygewoon waar hulle die fynere kunsies van skaapskeer geleer is.
Rekordboeke is verlede week by Graan SA se 57ste Nampo Oesdag herskryf met 87 191 besoekers – die meeste nog – wat die Oesdagplaas oor die vier dae besoek het. Met ‘n totaal van 900 uitstallers – sommige van sover as Amerika, Brittanje, Argentinië, Turkye en Brasilië – is reg laat geskied aan die tema, Wêreldwye landbou, Plaaslik.
Voertuie het elke dag in kilometer lange rye staan en wag om by die Oesdagterrein in te kom, maar ook die Nampo-vliegveld was die ene bedrywigheid met 377 vliegtuie en 69 helikopters wat oor die vier dae op die terrein geland het.
Die sonnige weer en bykomende dreineringsmaatreëls wat vroegtydig ingestel is om die terrein droog te kry na swaar reën in April in die Bothaville-distrik geval het, het verseker dat die Oesdagplaas weer kon spog met ‘n uitstaande terrein vir uitstallers.
Of dit bakkies, trekkers, die verskeiden-heid veerasse, demonstrasies, 4×4 vernuf, alles vir die jag- en wapenentoesias, kampeer en buitelewe, die damesprogram, of smaaklike wegneemetes was – daar was iets vir elkeen. Van die nuutste en duurste, tot ‘n tikkie nostalgie in Graan SA se Engen Trekkermuseum.
Aan vindingryke planne was daar ook geen gebrek by die bekende boerepatente kompetisie wat entrepreneurs se uitvindsels beloon het.
Die 8-jarige tweeling Lea en Migael Gildenhuys van Potchefstroom het ‘n demonstrasie bygewoon waar hulle die fynere kunsies van skaapskeer geleer is.Landon Compton van Hennenman het ‘n tweede prys in die B-afdeling vir kommersiële patente by vanjaar se Boerepatente-kompetisie verower. Hy vertel dat hy nog altyd ‘n passie gehad het om met sy hande te werk, en na matriek vir ‘n jaar lank aan die Ratel Ontbosserpatent gewerk het..Die Chianina het baie aandag getrek en weeg meer as ‘n ton.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.