Local newsNews

Ry versigtig – waarskuwings teen brandgevaar

Wanneer jy rook op die pad sou voorkom, hou die volgende praktiese wenke in gedagte.

Die weerdiens waarsku teen brandgevaar met sterk wind wat vir vandag voorspel is en die gevaar van veldbrande verhoog.

Wees daarom bedag daarop dat oop vure nie gemaak mag word nie.

Hou ook die volgende in gedagte juis nou in die brandseisoen

  • Verminder spoed wanneer jy digte rook van ‘n veldbrand op die pad teëkom.
  • Ry stadiger met die voertuig se hoofligte aangeskakel vir beter sigbaarheid.
  • Dit is belangrik om ‘n veilige volgafstand te hou, en skielike stilhou of baanwisseling te vermy.
  • As jy nie die pad of ander verkeer kan sien nie, is dit beter om op ‘n veilige afstand aan die kant van die pad stil te hou voordat jy in die rook inry. Dit sal jou ook toelaat om om te draai en ‘n alternatiewe roete te volg.
  • Laat jou enjin luier terwyl jy wag dat die rook opklaar. Gebruik jou noodligte om ander bestuurders van jou teenwoordigheid te waarsku.
  • Bly in die voertuig met die lugversorging op sy hoogste verstelling. Skakel ook die lugversorging na interne sirkulasie. Dit veroorsaak ‘n positiewe druk in die voertuig om die rook uit te hou. Moet onder geen omstandighede deur die rook probeer jaag nie.
  • Hou in gedagte dat daar moontlik boere of ander rolspelers mag wees wat besig is om die brand te blus. Onthou as jy nie ander voertuie kan sien nie, kan hulle jou ook nie sien nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button