Man in Parys gearresteer ná moord op Vaaldriehoekse vrou

Daar is vroeg vanoggend nog vermoed dat die man moontlik in die Vaalrivier verdrink het.

‘n Man na wie gesoek is in verband met die moord van ‘n Vaaldriehoekse vrou, is vroeër vandag in die Tumahole-woonbuurt by Parys gearresteer.

Die vrou wat glo ‘n vriendin van die beskuldigde was, is Woensdag in die vroeë oggendure in Vanderbijlpark vermoor.

Die beskuldigde het na die moord na Parys gery waar hy sy voertuig by die polisiestasie parkeer en toe te voet daar weg is.

Hy is later op ‘n eiland in die Vaalrivier opgemerk en is gesien hoedat hy sy klere uittrek en in die rivier spring om na ‘n ander eiland te swem. Hy het egter onder die water verdwyn en is nie weer daarna gesien nie. Sy klere is wel gistermiddag by die rivier deur adjudant-offisier Hollie Holtzhausen van die Sasolburgse K9 Soek-en-reddingseenheid gekry.

Van links is adjudant-offisier Hollie Holtzhausen en Syla van die K9 Soek-en-reddingseenheid in Sasolburg, sersant Mothae Tsokolibane,  en adjudant-offisier Swannie Swanepoel  van die K9 Soek-en-Reddingseenheid in Bloemfontein saam met Parko. Foto: Liezl Scheepers.
Van links is adjudant-offisier Hollie Holtzhausen en Syla van die K9 Soek-en-reddingseenheid in Sasolburg, sersant Mothae Tsokolibane, en adjudant-offisier Swannie Swanepoel van die K9 Soek-en-Reddingseenheid in Bloemfontein saam met Parko waar daar vanoggend in Grewarlaan in die Vaalrivier na die vermiste man gesoek is. Foto: Liezl Scheepers.

Die polisie het daarna met ‘n grootskaalse soektog na die man in die rivier begin. Die soektog is vanoggend voortgesit deur polisieduikers en lede van die K9 Soek-en Reddingseenhede in Bloemfontein en Sasolburg, maar die soektog het niks opgelewer nie.

Kort daarna is inligting ontvang wat tot die man se inhegtenisname gelei het.

Hy word aangekla van moord. Die polisie ondersoek duur voort.

Adjudant-offisier Swannie Swanepoel van die K9 Soek-en-reddingseenheid in Bloemfontein saam met Waterpolisiëring en duikeenheid lede van die polisie waar daar vanoggend in Grewarlaan na die beskuldigde in die Vaalrivier gesoek is. Foto: Liezl Scheepers
Adjudant-offisier Swannie Swanepoel en Parko van die K9 Soek-en-reddingseenheid in Bloemfontein. saam met Waterpolisiëring en duikeenheid lede waar daar vanoggend in Grewarlaan na die beskuldigde in die Vaalrivier gesoek is. Foto: Liezl Scheepers
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button