Gholfers maak ‘n verskil in oudafrigter se kankerstryd
Saterdag se eerste prys vir die IPS het gegaan aan Barend Smith.
Dit was ‘n geesdirftige 92 gholfspelers wat Saterdag op die Parys Golf & Country Estate-baan afgeslaan het vir die Back-a-Buddy gholfdag ten bate van Hennie Stander, oudafrigter van die Parys-rugbyklub. Hennie is met fase 4 Leukemia gediagnoseer. Al die fondse wat met die dag ingesamel is, is ten bate van Hennie se behandeling.
Hennie was vroeër jare aanvanklik ondervoorsitter van Parys-rugbyklub, en later ook voorsitter van die klub van 2007-2010. Hierbenewens het hy as voorsitteer van die Griffon Sandveld-liga gedien vir die tydperk 2008-2010.
Onder sy en Barend Wolmarans se afrigtershand, wen Parys-rugbyklub in 2007/8 die Sandveld-liga.
Saterdag se eerste prys vir die IPS het gegaan aan Barend Smith. Stefan Cronjé was naaste aan die pen, terwyl Cobus Erasmus gespog het met die langste dryf.
‘n Totaal van R27 800 is met die veiling op die dag ingesamel, terwyl die lootjieverkope ‘n verdere
R4 800 verseker het.
Borge, donateurs, vrywilligers, mense uit die gemeenskap, klublede en gholfspelers het van die dag ‘n groot sukses gemaak. Hennie en Sandra Stander sê dankie aan Lizette Etzebeth en Parys Golf & Country Estate, Jaco Etzebeth, Jolene en Cobus Erasmus, Lizel Fourie en Gielie Strauss, Parys Golden Oldies, Wayne Aucamp, Africa Pro, Parys Gas, Jimmy Jaggers, AB’s Pub & Grill, Parys-rugbyklub, T.I.A Canvasses, Kraalkop Hotel, Elize en Tiaan Jooste, Tweeling Vleismark, Casa Cara, Ploeg Jy, O’s Restaurant, Ntsu, Spur, Mica Hardware, Siebies Sieberhagen, Cobus van Wyk en NJ Oosthuizen, asook elke gholfspeler vir hul deelnaame, en vriende en familie wat tyd afgestaan het om die dag by te woon.





