Local newsNews

Ons maak vordering, sê Rand Water

Rand Water sê hy maak goeie vordering met kritieke instandhouding van sy belangrikste infrastruktuur. Die onderhoudsprojek, het op 29 Mei  begin het, en vorm nie net deel van Rand Water se verbintenis om volhoubare en doeltreffende watervoorsiening te verseker nie, maar moet ook kapasiteit verhoog deur die beskikbaarheid, betroubaarheid en operasionele doeltreffendheid van waterverskaffing. Dit …

Rand Water sê hy maak goeie vordering met kritieke instandhouding van sy belangrikste infrastruktuur. Die onderhoudsprojek, het op 29 Mei  begin het, en vorm nie net deel van Rand Water se verbintenis om volhoubare en doeltreffende watervoorsiening te verseker nie, maar moet ook kapasiteit verhoog deur die beskikbaarheid, betroubaarheid en operasionele doeltreffendheid van waterverskaffing.

Dit ondersteun ‘n meer veerkragtige en aanpasbare watervoorsieningsnetwerk in voorbereiding op die verwagte hoë aanvraagseisoen vanaf middel Augustus, sê Rand Water.

Betekenisvolle vordering is gemaak wat insluit die suksesvolle aansluiting van die nuutgeboude B16-pyplyn wat water vanaf die nuwe Stasie 5A by die Zuikerbosch-waterbehandelingsaanleg sal voorsien. Die Russelweg-meter is ook geïnstalleer, en Sasolburg Reservoir 1 is skoongemaak.

Rand Water sal nou voortgaan met die volgende fase van die beplande onderhoud wat op Maandag 30 Junie  begin en op Vrydag 18 Julie voltooi sal wees. Onderhoudswerk sal op verskillende tye en plekke in verskeie munisipaliteite plaasvind, het Rand Water weer benadruk,

Volgende fase van onderhoudsaktiwiteite:

  • Pompvermoë sal verminder word by die Eikenhof, Zwartkopjes en Palmiet-stelsels.

  • Gebiede in Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane mag lae waterdruk of onderbroke toevoer ervaar.

  • Die werk sal ook die toevoer beïnvloed aan Rand West, Mogale City, Merafong, Madibeng, Lesedi, Govan Mbeki, Rustenburg, Royal Bafokeng en omliggende myne en nywerhede.

Die instandhouding is strategies geskeduleer gedurende die lae verbruiksmaande van Mei tot Julie om ontwrigting te minimaliseer en die impak beter te bestuur, sê Rand Water.

Werkskedule:

🔹 Ekurhuleni:

  • Zwartkopjes-stasie kleppe vervang

  • Datum: 30 Junie tot 2 Julie

  • Duur: 50 uur

  • Impak: Geen pompwerk vir die volle duur

🔹 Johannesburg:

  1. Pyplek herstel – Zuikerbosch-aanleg

    • Eikenhof-stelsel | 30 Junie – 2 Julie | Verminder met 600 Ml/dag

  2. Zwartkopjes-klepvervanging

    • Zwartkopjes-stelsel | 30 Junie – 2 Julie | Geen pompwerk

  3. Lekherstel op O2-pyplyn

    • Palmiet-stelsel | 15 – 18 Julie | Verminder tot 67% (1200 Ml/dag)

🔹 Madibeng:

  • Lekherstel op O2-pyplyn

  • Datum: 15 – 18 Julie

  • Impak: Verminderde pompvermoë tot 67%

🔹 Tshwane:

  1. Hartebeeshoek-reservoir skoonmaak

    • Datum: 3 – 18 Julie | Impak: Groot impak op hoëliggende gebiede soos Soshanguve

  2. O2-pyplyn lekherstel

    • Datum: 15 – 18 Julie | Pompvermoë verminder tot 67%

Verbruikers word aangeraai om hul onderskeie metro’s en plaaslike munisipaliteite dop te hou vir spesifieke kennisgewings en waterbeskikbaarheid in hul gebiede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button