Dit is wat jy van môre af vir brandstof gaan betaal
Die pryse tree vandag om middernag in werking.
Motoriste sal van môre (Woensdag 1 Julie) vir die eerste keer in drie maande weer minder betaal vir brandstof wanneer die brandstofpryse vir Julie in werking tree.
Petrol (95 oktaan) daal met R1,96 per liter, terwyl 93-oktaan petrol se prys afkom met R2,01 per liter
Diesel met ‘n swaelinhoud van 0,05% word R3,14 per liter goedkoper.
Diesel met ‘n swaelinhoud van 0,005% word R3,59 per liter goedkoper.
Die groothandelprys van paraffien word R5,23 per liter goedkoper, terwyl paraffien (SMNRP) R6,97 per liter goedkoper word.
Gas se prys styg wel met 16c per kilogram
Die brandstofheffingverligting wat vroeër deur die regering ingestel is, kom ook nou in Julie tot ‘n einde maar is reeds by die nuwe pryse ingereken.



