Local newsNews

Vordering gemaak by watersuiweringsaanleg

'n Nuwe kontrakteur is onlangs by die watersuiweringsaanleg aangestel.

Die toetslaboratorium op die perseel van die Parys watersuiweringsaanleg wat twee jaar gelede in ‘n brand verwoes is, is oorgebou en sal water wat by die aanleg gesuiwer word, weer hier getoets kan word sodra toerusting geïnstalleer is.

Die brand in Junie 2023 het groot skade aan laboratoriumtoerusting en rekenaars in die laboratorium aangerig nadat vlamme van ‘n veldbrand teenaan die waterwerke, na die laboratorium-gebou versprei het.

Dit is van die vordering wat gesien is tydens ‘n oorsigbesoek aan die suiweringsaanleg deur Ngwathe se munisipale bestuurder dr. F.P Mothamaha, vergesel deur die tegniese direkteur Patricia Morokolo, Ngwathe se bestuurder van waterdienste, Mokete Phele, raadslid Brendan Olivier, en ingenieurs van die kontrakteur by die watersuiweringsaanleg.

Tydens die oorsigbesoek verlede week is gesê aansienlike vordering word binne die volgende drie weke by die aanleg verwag. Die aanleg behoort met die afhandeling van die werk wat tans gedoen word, 15 megaliter water per dag te kan lewer. Tans word 10 megaliter water
per dag gelewer.

Tydens die oorsigbesoek is ook gekyk na vordering met die vervanging van asbes-waterpype met PVC-pype.

Benewens die besoek aan die watersuiweringsaanleg is onder meer
ook gekyk na vordering met die vervanging van ou asbespype in die
waternetwerk met PVC-pype.

Daar is ook gekyk na die Tumahole-woonbuurt se waterkwaliteit wat met die spoel van die netwerk
verbeter kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button