Local newsNews

Mommy Club-vroue sprankel met fokus op vrouwees

Die glansoggend het die klem geplaas daarop dat elke vrou spesiaal en uniek is.

“Vandag is jou tyd. Ons ma’s en vroue vergeet so dikwels van onsself. Vanoggend gaan nie oor perfeksie nie, maar waar elkeen van julle in jul lewens is. Daar is soveel druk. Sosiale media wys ons hoe ‘n vrou behoort te lyk. Jy kan net nie voorbly nie. Ek wil vandag vir jou sê – jy is genoeg.” Dit was die boodskap van Johandri Johnson Saterdag by ‘n bederfoggend by Stonehenge waar die fokus op vrouwees was.

Honderd-en-sewentig vroue het die elegante geleentheid bygewoon wat aangebied is deur Johandri, Louise Volschenk en Tessa Tellues van The Mommy Club van die Hoofstad. Die drie wat naas vriendinne ook aldrie suksesvolle sake- en beroepsvroue is, het waardevolle grimeer- en gesondheidswenke gedeel. Dit was terselfdertyd die bekendstellingsgeleentheid van Louise se Halouw-grimeerreeks.

Die Mommy Club van die Hoofstad se Louise Volschenk, Tessa Tullues en Johandri Johnson.

Louise is ‘n grimeerkunstenaar met jare se ondervinding en het al met talle bekendes gewerk. Benewens haar grimeerwenke, het sy die dames met ‘n praktiese demonstrasie gewys hoe om te grimeer.

Johandi het in haar motiveringspraatjie beklemtoon dat vroue hulself nie met ander moet vergelyk nie. “Hou by die basiese dinge, begin om reg te eet en te oefen, en probeer om beter keuses te maak,” was haar raad. Sy het ook gesê om te oefen gaan nie oor motivering nie, maar oor dissipline. Op die einde van die dag moet jy daar wees vir jouself. Skryf neer hoekom wil jy wees wat jy wil wees, en maak oefening deel van jou daaglikse take. “Begin net beweeg. Stap, oefen saam met jou kinders en drink baie water,” het sy gesê.

“Ons as vroue breek mekaar en onsself so maklik af. Wees lief vir jouself, praat mooi met jouself, en begin om beter besluite vir jouself te neem. Staan op, een tree, een keuse, een unieke vrou,” het Johandri afgesluit.

Tessa het as vorige Mev SA-finalis en eienaar van Mia Secret South Africa ook ‘n beroep gedoen op vroue om nie mekaar te oordeel nie. “Wees goed vir mekaar. Sien die mooi in mekaar raak. Jy sal nooit weet wat dit vir iemand kan beteken.” het sy gesê.

Die Mommy Club van die Hoofstad se Louise Volschenk, Tessa Tullues en Johandri Johnson by die Makeup and Wellness Day wat Saterdag in Parys gehou is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button