Local newsNews

Meelskenking vir Weermagvereniging met dankbaarheid ontvang

Tanien Maize Mills het oor die afgelope drie jaar 4.7 miljoen monde gevoed waarvan 98% van die meel gratis aan mense gegee is.

Rooies Strauss is ‘n man wat weet van oorlog. In die drie jaar wat hy vroeër deel was van die Koevoete, was daar net twee weke waartydens daar nie oorlogskontak was nie, vertel hy. Nadat hy tot bekering gekom het, het hy begin om passievol te werk onder mense wat platgeslaan is deur die harde draaie van die lewe.

Sy bediening onder dwelmverslaafdes en sy School of Fire wat mense oplei vir die sendingveld, is wyd bekend. Op 31 Julie was hy en sy span in Parys om 300 sakke mieliemeel aan die SA Weermagverenigng se Koepel-eenheid te oorhandig. Dié vereniging bestaan uit oudsoldate en veteraan Staandemag- en Burgermaglede, kommandolede, hulpdiens, nasionale dienspligtiges, lede van die Leër, Lugmag, Vloot en Geneeskundige Dienste, en bied verskeie voordele vir sy lede.

Die Koepel-eenheid het 50 lede, maar is daar by die 20 000 lede regoor die land by 74 eenhede geregistreer. “Hierdie mense het ons land beskerm. Ons kan hulle nie vergeet en eenkant toe skuif nie,” het Rooies gesê waar ‘n ketting van dankbare hande reggestaan het om te help om die meel af te laai.

Die mieliemeel sal onder die Koepel-eenheid se lede oor tyd versprei word om ook op dié manier ‘n hand van hulp te verleen.

Tanien Maize Mills het oor die afgelope drie jaar 4.7 miljoen monde gevoed, sê Rooies waarvan 98% van die meel gratis aan mense gegee is.

Met die oorhandiging van die skenking is ‘n ton mielies ook deur ‘n boer van Vredefort aan Rooies en sy span gegee om voort te gaan met die werk wat hulle doen om te voorsien waar nood is.

Skenkings wat die Koepel-eenheid ontvang het vir diesel om die vragmotor met meel van Upington tot in Parys te kry, het weer gehelp om op Kimberley te kon stop waar uitgereik is na die armstes van die armes, het Rooies vertel.

Die SA Weermagverenigng se Eenheid Koepel-bestuur is Johan de Vries (voorsitter), Gideon Swart (samajoor), Estelle Oosthuizen (adjudant), Rooies Strauss), Dries de Jager (ondervoorsitter) en Jan Venter (kommunikasiebeampte).

Oudweermaglede wat navrae het oor die Koepel-eenheid kan die eenheidvoorsitter, Johan de Vries skakel by 073 441 7883.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button