Local newsNews
VLU vroue se harte oop vir VVA-nood
Vrystaat Versorging in Aksie open ook op 1 September sy huis van Veiligheid vir kinders wat weens omstandighede uit hul ouerhuise verwyder moet word.
Plaaslike Vroue Landbou Unie tak-lede het met hul Augustus-byeenkoms uitgereik na Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) met ‘n skenking van nie-bederfbare kos. Sanette Boonzaier van VVA het by die vergadering meer kom vertel van VVA se werksaamhede, en hoe daar na hulle in nood in die gemeenskap omgesien word.
Kay-leigh Coetzer van Kay Studio het ook die oggend grimeerwenke met die dames kon deel, en met ‘n grimeerdemonstrasie gewys hoe grimering slim en doeltreffend aangewend kan word.

Die vroue kom weer op 7 Oktober bymekaar. Gaste is baie welkom. Skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204 of Bernadet v/d Ende by 082 474 0304.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



