Local newsNews
Primêre Skool Parys se 0.9-krieketspanne wys vanmiddag hul staal
Parys hou styf duim vas vir julle
Primêre Skool Parys se o.9 A en o.9 B krieketspanne het vandeesweek in splinternuwe spanhemde gespeel.
Die o.9A’s se spanhemde is geborg deur 35 Grain, en die o.9 B’s se hemde deur Mica, asook deur van die ouers.
Die spanne speel vandag albei wegwedstryde met die A-span wat teen Vaalpark te staan kom, en die B-span teen AJ Jacobs.

Hul afrigters is Rutgert van Heerden en Stephan Terblanche.
Die skool sê dankie aan die borge vir die spanne en hul afrigters se netjiese hemde.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



