Local newsNews

AfriForum steek eers stokkie voor Nersa- en Eskom-plan wat verbruikers miljarde sou kos

Volgens AfriForum ondermyn Nersa die vertroue van die publiek deur te poog om hierdie skikking sonder openbare deelname te sluit.

 

AfriForum het vandag  die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) en Eskom se plan om ’n skikking wat aangegaan is met ’n hofbevel te laat bekragtig, vir eers gestuit. Dié skikking wat in die Hooggeregshof in Pretoria bekragtig sou word, sou verbruikers oor die volgende drie jaar nagenoeg R54 miljard uit die sak jaag deur die implementering van ’n jaarlikse 9%-verhoging in kragtariewe. AfriForum voer aan dat dié ooreenkoms ’n reuse impak op kragverbruikers sal hê en dat die publiek die reg het om daarin geken te word.

Met AfriForum se toetrede het Eskom ingestem om die saak van die onbestrede- na die bestrede rol oor te plaas. Dié skuif skep nou vir AfriForum en ander belanghebbende partye die geleentheid om as party tot die saak toe te tree.

AfriForum meen dat die Eskom-Nersa-skikking wat agter geslote deure bereik is, onregmatig en onredelik is weens ’n gebrek aan deursigtigheid. Indien die skikking bekragtig sou word, sou kragtariefverhogings van 9% per jaar aan Eskom toegestaan word.

AfriForum het reeds in September vanjaar ’n skrywe aan Eskom gerig om te versoek dat die saak van die onbestrederol verwyder moet word sodat die organisasie in die belang van sy sowat 300 000 lede en die breër publiek tot die saak kan toetree. Eskom het die versoek teengestaan en aangevoer dat AfriForum nie die reg het om in te meng nie en dat die publiek nie vetoreg het nie. Volgens Eskom het dié skikking nie openbare deelname vereis nie.

Deidré Steffens, AfriForum se raadgewer vir Plaaslike regeringsake, bestempel die kragreus se antwoord as kortsigtig aangesien die publiek direk geraak gaan word deur hierdie ooreengekome verhoging. “Om aan te voer dat die publiek, wat die besluit moet befonds, nie ’n belang in die saak het nie, wys Eskom se blatante arrogansie. Kragverbruikers kan dit nie langer net duld en blindelings befonds nie.”

Steffens sê deursigtigheid en verantwoordbare optrede word van Eskom en Nersa verwag.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button