Local newsNews

Klipkerk-orrel jubel oor 50 jaar

De Wet-spore lé ook diep in die gemeente se musiekstorie

Die ikoniese orrel van die Vredefort Klipkerk vier vanjaar ’n goue mylpaal – ’n halfeeu van lof en musiek! Die groot feesviering vind plaas tydens die gemeente se oggenddiens Sondag 12 Oktober om 09:00, wanneer die kerk se galery letterlik gaan weerklink wanneer die befaamde Winand Grundling self agter die klawers inskuif.

Hierdie drie-manuaal Fehrle Roeleveld-meesterstuk het die toets van tyd deurstaan. Die orrel is in 1975 onder die wakende oog van die bekende Prof. Albert Troskie op die galery geïnstalleer en geregistreer. Vandag – ’n halfeeu later, klink hy steeds so nuut en kragtig soos op sy eerste dag.

Skade wat jare gelede deur weerlig veroorsaak is, is onder die fyn hande van orrelbouer en stemmer, Archie Devere, herstel tot splinternuwe glorie, en met 2026 pype is hierdie orrel nie net ’n instrument nie, maar ’n ware hartklop van die gemeente.

Erna Rademan agter die orrel in die NG Klipkerk in Vredefort

De Wet-spore lê  diep in Klipkerk se musiekstorie:’

Die bekende generaal C.R. de Wet, het ook destyds op die kerkraad van die NG gemeente Vredefort gedien voordat hy kabinet toe is, en het ná die Tweede Vryheidsoorlog waarin die gemeente se eerste harmonium verwoes is, die helfte van n nuwe harmonium betaal (30 pond). Die nuwe harmonium het in 1904 begin diens doen in die gemeente.

Die ou orreltjie is tot in 1931 gebruik toe ‘n pyporrel vir die nuwe kerkgebou gekry is.  Die inwyding van die orrel was in Maart 1931.

Die totale koste vir die orrel het 1 305 pond beloop waarvan vroue in die gemeente in 1927 al 515 pond bymekaar gemaak het vir die nuwe orrel.

Vandag, 7 Oktober sou De Wet se verjaardag gewees het.

  • Die interessante geskiedenis is deur Erna Rademan gedeel.

Lees meer oor Sondag se orrelvieringe in hierdie week se Gazette

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button