Local newsNews

Parys tel die dae voor dorp se gewilde straatmyl

Die straatmyl word vanjaar op 25 Oktober aangebied met die roete wat in dorp se hoofstraat gehardloop word.

Parys se hoofstraat sal op 25 Oktober weer wemel van voete en tekkies wanneer talle bekende atlete, maar ook oud en jonk sal aantree vir die gewilde Parys Crater Street Mile.

Prysgeld

Die straatmyl word vanjaar vir die derde jaar agtereenvolges deur Rotary Parys in samewerking met Parys Info & Tourism aangebied, onder die vaandel van Parys Multisport, met prysgeld van meer as R65 000 op die spel.  Dit sluit ook prysgeld in vir rekords wat in die Elite-klasse verbeter word.

Verlede jaar het meer as 600 atlete ingeskryf, en het dié straatmyl bekende name in atletiekkringe – nie net nasionaal nie, maar ook internasionaal na die dorp gelok.

Die roete

Die roete van 1 609,4m, die presiese afstand van ‘n myl, is gesertifiseer volgens Wêreld Atletiek, Atletiek SA en Atletiek Vrystaat regulasies, wat beteken dat deelnemende atlete met die straatmyl kan kwalifiseer vir provinsiale, nasionale en internasionale erkenning. Die straatmyl het in 2024 geskiedenis gemaak toe dit SA se eerste Wêreld Geregistreerde Myl geword het. en word dit straatmyl ook op die wêreld atletiekkalender aangedui.

Atlete spring weg en eindig in Waterstraat by die Spur-ingang van die PnP-sentrum. Die draaipunt van die roete is by Plum Tree Restaurant in Breëstraat. Halfmyl deelnemers (sewe tot nege jaar) spring ook weg in Waterstraat by die Spur-ingang van die PnP-sentrum, maar draai dan by die 400m merk.
Nollie Meiring sal om 07:15 die afsitterspistool laat klap vir die eerste wedloop, met die laaste wedloop om 09:45. Die hoogtepunt is die Elite Mans en Dames klasse vanaf 09:30.

Die Straatmyl is vir almal

Die straatmyl is nie net vir atlete nie. Skryf in as familie, vriendegroepe, besighede, of stap die afstand saam met die Rotariërs en vriende.
Die stem agter die kommentator-mikrofoon is Thabo Molete, en wanneer hy die mikrofoon vat, laat hy die adrenalien pomp om elke toeskouer deel van die wedloop te maak.

Jong atlete staan tou vir

Jong atlete staan tou vir die handtekening van die 2024 Elite-klas Mans wenner van die Parys Crater Street Mile.

Praktiese reëlings

‘n Gedeelte van die dorp se hoofstraat sal vir die duur van die Straatmyl gesluit wees tussen 05:00 en 11:00.

Daar sal ook vanjaar toegewysde spasie vir atlete van skole, spanne en klubs beskikbaar wees.

Navrae:

Navrae oor die straatmyl kan gerig word aan [email protected] of besoek die webtuiste www.paryscraterstreetmile.co.za. Jy kan ook Sandra Uys skakel by 064 516 0238, of Chantal Grobler by 076 430 1138.

Inskrywings:

Atlete kan vooraf inskryf, of die oggend van die straatmyl vanaf 06:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button