Local newsNews

Storievertellers – kom leer by Luan Jacobs

Radio leer jou om al jou sintuie te gebruik en is hierdie die kans vir storievertellers om te leer by Luan Jacobs.

Wie hou nie van ‘n goeie storie nie? Bowendien is Suid-Afrikaners bekend as bobaas storievertellers.
Op 15 November is daar kans vir storievertellers om in Parys die fynere kuns van radiodrama skryf te leer by die talentvolle en veelsydige akteur, Luan Jacobs.

Die werkswinkel word op Doringbos aangebied deur die ATKV Vredefort Koepel. Dit is van 09:00 tot 16:00 en kos R400 per persoon.
By die werkswinkel sal jy geleetheid kry om self ook aan ‘n radiodrama te skryf.

Luan Jacobs

Luan is ‘n bekende in sepiekringe en samesteller van radiodramas vir RSG.  Hy het sy BA-graad in die Kunste aan die Universiteit van Pretoria verwerrf, en in 2010 ‘n Honneursgraad in Drama en filmstudies. Hy spesialiseer in toneelspel, regie en beweging. Tydens sy studies het Luan ‘n IOSP (International Order of the Sword and Pen)-beurs verwerf. Hy kon hiermee ‘n baie gesogte program in Banff (Kanada) bywoon en leer by wêreldberoemde spesialiste in teater- en waaghalswerk.

 

Luan Jacobs
Lua Jacobs

As bekroonde en veelsydige akteur werk hy in verskeie mediums waaronder televisie, film, teater en radio. Op televisie was hy te sien in rolle vir Fynskrif, 7de Laan, Binnelanders, Generations, Legacy en Die Byl.

Op die filmdoek sal lesers hom herken vir sy rolle in Dominee Tinie, Ballade vir ‘n Enkeling, Sak en Pak, Stille Nag en Nul is nie niks nie, om net ‘n paar te noem.

In die teater woeker hy deur talle produksies te skryf, op te voer en self rolle daarin te vertolk. Hy toer graag met sulke produksies deur die land. Enkele voorbeelde hiervan is: Vettie Vettie, Somewhere on the Border en Sing jy van Bomme?

Op die radio het hy in ongeveer 300 episodes van Leon van Nierop se tienerdrama Ratels gespeel. Ook in Hartebreker was hy in meer as 600 episodes te hore. Van die ander radiodramas waarin Luan opgetree het, was: Sibbe, Tiener in die Suburbs en ook die bekroonde Kolskoot Visagie.
Hy het by voor ‘n gehoor van 45 000 in Nigerië opgetree by die Lagos Wonderland Festival.

In 2018 is hy benoem as Beste Akteur by die The African Festival vir sy rol in Vlees van my Vlees. In 2019 wen hy Beste Akteur en Beste Filmvertolking by die Silwerskerm Filmfees vir sy rol in Hoe om ‘n perd te teken.

Hy het Suid-Afrika in London verteenwoordig by die World Event Young Artists met sy eie stuk en ook skouers geskuur met 1000 ander begaafde jong akteurs.

Tans is Luan ‘n senior lektor by die Performing Arts Lifestyle Institute (PALI) waar hy verskeie komponente van die vermaaklikheidsbedryf vir studente leer.
Radio vereis dat jy al jou sintuie gebruik en sien jy met jou verbeelding. So word vaardighede ingespan wat deesdae nie meer geoefen word in ‘n digitale wêreldnie. Moet dus nie hierdie kans misloop nie!

Om deel te wees van die heerlike werkswinkel, skryf in voor 10 November by Corlia Wentink by 082 732 0257.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button