Goed, beter, Parys vir olimpiade-trots
Leerders van Hoërskool Parys is vanjaar onder die toppresteerders van die olimpiade nie net in die Vrystaat nie, maar ook op nasionale vlak.
Leerders van Hoërskool Parys het skoonskip gemaak by vanjaar se ATKV Junior Afrikaanse Olimpiade.
Nie net behoort die eerste vyf plekke in die Vrystaat aan dié skool se leerders nie, maar het die skool nege leerders onder die top 10, en 12 onder die provinsie se top 20 uitblinkers.
Op nasionale vlak het Parys vyf leerders onder die top 20. Jasmaine Rust behaal ‘n eerste plek in die Vrystaat (gesamentlik sesde nasionaal), Taskeen Goga eindig tweede (gesamentlik 10de nasionaal), Lourens Potgieter derde in die VS (gesamentlik 11de nasionaal). Nuri Rourke – vierde VS (gesamentlik 12de nasionaal), Marizelle Wagenaar – vyfde VS (13de nasionaal), Wium Potgieter – sewende VS, Christopher Furlong – negende VS, Hennie Schoeman – 10de VS, Wouco Cronje – 11de VS en Mira Rourke – 14de VS.




