Local newsNews

Unieke seëluitstalling nog tot môre te sien

Lede van die Sasolburg Filatelievereniging sal al jou vrae kan antwoord oor jou eie versameling, seëlwaardasies en seëls by die uitstalling wat tot Vrydag te sien is.

Die Sasolburgse Filatelievereniging ook bekend as Oilfilat se jaarlikse seëluitstalling in die Sasolburgse Openbare Biblioteek, kan nog tot môre gesien word.

Filatelie of te wel seëlversameling is baie meer as net die versameling van seëls. Tema-versamelings het baie gewild geword en vertel elke seël ‘n storie.

Tema versamelings

Onder hierdie pragtige temaversamelings waarna jy vanjaar kan kyk, is die geskiedenis van skaak, die spin en weefkuns, Ericas van Suid-Afrika, voëls van Namibië, en die Portugese Ontdekkingsreisigers.

Enigeen is welkom om te kom kyk na die uitstalling, en veral skoolgroepe word genooi. Lede van die vereniging sal kan help met navrae oor die uitstalling en mense wat vrae het oor hul eie versamelings.

Van die unieke tema versamelings wat vanjaar gesien kan word. Foto: Verskaf

Onder die uitstallers is ook Parysenaars. Moenie die geleentheid misloop om hierdie spog uitstalling te kan sien nie. Vir navrae skakel 083 389 8647.

Seëls vertel ‘n storie

Seëls kan dalk iets wees wat jy nie sommer meer sien nie, maar as die versamelgogga jou gebyt het, raak aanlynveilings en internethandel met seëls amper soos kar koop. So gesels twee Parysenaars, Koos de la Rey en Trevor Harris, wie se seëls vanjaar gesien kan word by ‘n seëluitstalling van die Sasolburgse Filatelie Vereniging. Die uitstalling word gehou van 27 tot 31 Oktober in die Sasolburgse Openbare Biblioteek. Mense kan vir die duur van die uitstalling gratis tussen 10:00 en 16:00 na die besondere uitstalrame van nagenoeg 15 uitstallers gaan kyk. Vir die uitstalling het Koos Mauritius, en Trevor skaak as temas gekies.

“Daar was nie ‘n ding wat ons nie as kinders versamel het nie,” vertel Koos – van note tot seëls. Met die jare was daar nie veel tyd om hul seëlversamelings uit te brei nie, maar deesdae geniet dié twee vriende die stokperdjie terdeë.

Hulle het onlangs ook kennis gemaak met Sannette Buys, nog ‘n geesdriftige plaaslike seëlversamelaar.

Sannette vertel sy was vyf jaar oud toe sy begin seëls versamel het, nadat haar pa vir haar ‘n paar seëls gegee het. Onbewus van Trevor en Koos wat dieselfde passie vir seëls het as sy, het haar seun se internetsoektog na plaaslike seëlversamelaars, haar gehelp om kontak te maak met hulle. Deesdae kan die drie ure aaneen gesels oor die stokperdjie wat hulle soveel plesier gee.

Die drie is lid van Sasolburgse Filatelie Vereniging. Sannette stal nie uit by die Sasolburg Ekspo nie, maar was Woensdag saam met Trevor en Koos by die uitstalling.

Filatelie uitstalling in Sasolburg
Koos de la Rey, Trevor Harris en Sannette Buys by een van Sannette se seëlalbums.

“Elke seël vertel ‘n storie,” gesels die drie vriende, en verduidelik dat filatelie oor meer gaan as net die versameling van seëls. Vir sommige is dit ‘n stokperdjie, vir ander ‘n belegging.

Gewilde temas

Van die Suid-Afrikaanse temas wat tans baie gewild is, is die Anglo Boere-oorlog seëls, en seëls wat die 100 jaar bestaan van Afirkaans herdenk. Seëls wissel van goedkoop items tot skaarses wat miljoene werd is, veral dié met drukfoute.

Die drie beveel aan dat belangstellendes by ‘n filatelieklub aansluit. Die naaste klubs aan Parys is in Sasolburg, Welkom en Bloemfontein. ‘n Lonende stokperdjie is dit beslis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button