Local newsNews

Lambchamps lam toe uiteindelik R60 200 werd

Talle kaartjies is vir die fondsinsamelingsprojek vir Chrissanloo Huis verkoop nadat die wenlam aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) geskenk is.

R60 200. Dit is wat die lamkarkas wat in September die rekordboeke by Lamb Champs Parys herskryf het toe dit by die Lamb Champs-veiling vir R30 000 aan Henning Pretorius van Losberg Lodge verkoop is, uiteiendelik werd is.

Die lam is deur Pretorius aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se Chrissanloo Huis in Parys geskenk waarvoor lootjiekaartjies verkoop is.

Die verkope van die lootjiekaartjies het  R30 200 ingebring wat alles ten bate van Chrissanloo Huis gaan. Die gelukkige wenner van dié gesogte lam is E. Ferguson. Die wenlootjie is vroeër vandag getrek.

Chrissanloo het op 1 September sy deure oopgemaak as Huis van Veiligheid vir kinders wat weens omstandighede deur maatskaplike werkers uit hul ouerhuise verwyder moet word.

Lambchamps lootjie wenner getrek
Die wenner van die Lambchamps lootjies ten bate van Chrissanloo Huis word getrek.

Dankie aan elkeen wat help kaartjies verkoop het en die projek ondersteun het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button