Local newsNews
Vragmotorbestuurder beseer ná ongeluk op R59
Nooddienswerkers was met die skryf van die berig nog besig met opruimingswerk by die ongelukstoneel.
‘n Vragmotorbestuurder is per ambulans na die Fezi Ngubentombi provinsiale hospitaal in Sasolburg vervoer na ‘n ongeluk op die R59 naby die Wolwehoek-afdraai.
Geen ander voertuie was in die botsing betrokke nie.


Die vragmotor het sorghum-meel vervoer en is die nodige dienste op die toneel om opruimingswerk te doen.
Die ongeluk volg nadat ‘n vragmotor ook Sondag net buite Parys op die R59 die pad verlaat en omgeslaan het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


