Local newsNews

‘n Bakkie vrag vol omgee uit die Harley-gemeenskap

Parysenaars het die afgelope drie jaar telkens die Harleys in die dorp verwelkom wanneer hulle hul omgee hier by Epilepsie SA en Vrystaat Versorging in Aksie kom wys het.

Harley-enjins het Saterdag in Parys gedreun toe sowat 60 lede, familie en vriende van die Harley Davidson Club of SA (HDCSA) se Pretoria en Johannesburg Chapters, vergesel van Craig Wilcocks, die nasionale president van HDCSA, die pad gevat het na Parys.

Hul eindbestemming – die Epilepsie SA Vrystaat/Noordwes-tak en Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) waar ‘n bakkie vrag vleis, groente, nie-bederfbare produkte en toiletware oorhandig is.

Daar was ook geskenke vir kinders in die gemeenskap vir wie die vreugde van Kersfees andersins nie beskore sou wees nie, asook skryfbehoeftes wat deur lede van die Johannesburg Chapter geskenk is vir waar daar nood is by leerders in die Parys-gemeenskap.

Harley Davidson Club of SA in Parys.
Die foto is geneem met die klub se besoek aan Parys op 6 Desember. Foto: Verskaf

Maar dit was nie net die blink Harleys wat inwoners van Parys se aandag getrek het nie. Die motorfietsryers was almal geklee in wit oorpakke (boiler suits), wat deel is van die klub se roemryke geskiedenis en tradisie.

Dié tradisie dateer uit die sewentigerjare waarmee graag gespog is dat dié staalperde nie olie lek nie.

Die Harley Davidson Club of South Africa is vanjaar 58 jaar oud, en is in 1967 in Durban gestig deur ‘n handjievol Harley Davidson-entoeiaste wat nie net die motorfietse versamel het nie, maar ook self aan hulle gewerk het.

Dit is dan ook een van die oudste motorfietsklubs in Suid-Afrika.

Volgens Craig Wilcocks het die idee van die boiler suits eintlik ontstaan uit ouer Harley-modelle, voor die 80’s, toe lede gereeld bymekaar sou kom om aan hul motorfietse te werk, en om idees en skaars parte onder mekaar te ruil.

Daardie jare het meeste van die klublede 750cc en 1 200cc modelle gery, en was daar nie toe geregistreerde handelaars in Suid-Afrika wat die Harley’s kon diens nie.

Wilcocks sê geregistreerde handelaars is eers van die 1990’s af hier gesien en het dit makliker geword om verskillende modelle van die Harleys te kon kry.

Die klub is sterk familie-georiënteerd en het oor die jare verskeie verdienstelike organisasies in gemeenskappe ondersteun, benewens die saamtrekke wat gehou word.

Harley Davidson Club of SA gee donasies in Parys
Oor die jare het die Harley Davidson Club of SA al verskeie kere na Epilepsie SA en Vrystaat Versorging in Aksie uitgereik.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button