Local newsNews
Atlete skitter by SA Jeugatletiekkampioenskappe
Baie geluk aan hierdie atlete met die prestasies wat behaal is.
Twee atlete van Primêre Skool Parys, Anlé Beukes en Dominic Powell, het as deel van die Vrystaat-span aan Atletiek Suid-Afrika se Jeug Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem.

Anlé eindig met ‘n skitterende agtste plek in die land na afloop van die finale uitdun vir die 600m dogters o9-item.

Dominic het op sy beurt aan die 60m, 80m en spiesgooi-items vir seuns o9 deelgeneem. Hy eindig 23ste in die 60m met ‘n nuwe persoonlike beste tyd van 8.90 sekondes, 22ste in die 80m, en sesde in sy spiesgooi-item (turbo javelin), ook met ‘n persoonlike beste afstand van 24.12m.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



