Local newsNews

Verwoestende brand by gebou op Anatomic-perseel

Niemand is in die brand beseer nie.

‘n Verwoestende brand het vroeër vanmiddag in ‘n gebou aan die agterkant op die Anatomic-perseel in Parys se nywerheidsgebied gewoed waar navorsing en ontwikkeling vir produkvervaardiging uit die herwinning van bande, gedoen is as een van One Small Town (OST) se hoeksteenprojekte.

In nog ‘n gedeelte van dieselfde gebou was ‘n aantal motors van John Olivier gestoor.

Dit was met die skryf van die berig onseker wat die oorsaak van die brand was, maar geen misdaad word vermoed nie, is gesê.

Talle omstanders het op die perseel saamgedrom en het vrywilligers gehelp om van die brandbare materiaal uit die gedeelte van die gebou waar die motors gestoor is, te dra.

Digte rook van die rubber wat gebrand het, het in ‘n swart wolk bo die gebou gehang.  Die ander geboue op die perseel waar ook die Anatomic-fabriek is, is nie beskadig nie.

Die Ngwathe Brandweer- en Nooddiens, sekuriteitsmaatskappye, vrywilligers, Prinsloo Recovery, Ngwathe Verkeer en Tumahole SAPD, LGV, sowel as ander rolspelers was onmidellik op die toneel om hulp te verleen.

Die gebou wat gebrand het is aan die agterkant op die Anatomic-perseel in Parys se nywerheidsgebied. 

Die digte swart rook is van ver gesien en het talle omstanders op die perseel saamgedrom.

 

 

Foto’s: Danie Venter & Liezl Scheepers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button