Local newsNews
Koppies kragloos na wind, reënstorm
Groot skade is deur die wind aangerig aan die kragnetwerk.

Die Vrystaatse dorp Koppies is tans sonder krag na skade aan Eskom se hooftoevoer na die dorp nadat erge reën, hael en wind die dorp rondom 03:00 vanoggend getref het.
Daar is ook skade aan kraglyne in die netwerk.
Eskom, die Ngwathe plaaslike munisipaliteit se tegniese spanne en munisipale en provinsiale rampbestuur is tans besig om die situasie te assesseer om kragtoevoer so spoedig moontlik te probeer herstel.
Verskeie huise in die Kwakwatsi woonbuurt het ook skade.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



