Local newsNews

Kersvader verkoop toe dwelms as lekkergoed

Dwelms en kontant is in die verdagte se besit gekry.

N 17-Jarige kind wat Kersvader gespeel het is in Ladybrand gevang met plastieksakkies vol dwelms wat as lekkergoed verkoop is.

Die polisie het onraad vermoed toe gesien is dat die Kersvader nie kinders nie, maar volwassenes as kliënte het.

Toe die polisie ondersoek ingestel het na die verdagte lekkergoed, het Kersvader die hasepad gekies.

Hy is gearresteer op n klag van dwelmhandel en in die sorg van sy ouers vrygelaat.

Daar is beslag gelê op 49 zip lock sakkies met Crystal Meth asook geld wat waarskynlik met die dwelmverkope gemaak is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button