Local newsNews

Taxibestuurder gearresteer ná gru-ongeluk

Medelye met die skoolgemeenskap van Vanderbijlpark, en ouers van die kinders wat in die botsing gesterf het, het sedert gister op sosiale media ingestroom.

Die 22-jarige bestuurder van die minibus taxi wat gister betrokke was in ‘n botsing in Vanderbijlpark waarin 12 kinders onderweg skool toe gesterf het, is  deur die polisie gearresteer nadat hy uit die hospitaal ontslaan is, en sal binnekort voor die hof verskyn op klagtes van strafbare manslag, asook klagte van nalatige en roekelose bestuur.

Die taxi het net na 07:00 die oggend met ‘n vragmotor op die R553 naby Arcellor Mittal gebots. Die Gautengse Onderwysdepartement het vanoggend die amptelike dodetal op 12 bevestig.

Gauteng premier Panyaza Lesufi sal vanmiddag die media toespreek oor die tragiese ongeluk waartydens meer besonderhede oor die ongeluk na verwagting bekendgemaak sal word, asook die regering se reaksie op die tragedie en bystand aan die families, mede-leerders en die breër skoolgemeenskap wat geraak is. Die families van die oorledens sal ook besoek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button