
Motoriste word gewaarsku om spoed te verminder en instruksies van wetstoepassers nougeset te gehoorsaam terwyl opruimingswerk op die toneel gedoen word waar n vragmotor op die R59 sowat 9km buite Vredefort in die rigting van Viljoenskroon omgeslaan het.

Die vragmotor met sleepwa het mielies vervoer. Die ongeluk was om 10:30. Sodra die vrag opgetel is, sal daar met herwinning van die vragmotor begin kan word.
Motoriste is gevra om geduldig te wees sou jy die roete ry en waar moontlik eerder alternatiewe roetes te volg. Hou ook opdaterings oor vordering met opruiming op die toneel dop omdat die R59 swaar verkeer dra en oponthoude te wagte kan wees, het RIMS voorsitter, Sipho Towa gesĂȘ.


