Local newsNews

Vyf vasgetrek wat vrou beroof, geld oorplaas uit skool se banktoepassing

Die mans sal binnekort voor die Viljoenskroonse landdroshof verskyn.

Vyf gewapende mans wat ‘n vrou in haar erf  in die Rammulotsi-woonbuurt by Viljoenskroon oorval  en toe haar selfoon gebruik het om toegang tot ‘n skool se banktoepassing te kry, sal binnekort voor die Viljoenskroonse landdroshof verskyn. Hulle word aangekla vir gewapende roof.

Polisiewoordvoerder, sersant Josephine Rani, sê ‘n intelligensie-gedrewe operasie het gelei tot die inhegtenisneming van die vyf wat tussen 21 en 41 jaar oud is. Rani sê die arrestasie is gemaak na ‘n voorval op 6 Februarie, toe die mans, van wie een met ‘n vuurwapen gewapen was,  die slagoffer se erf in die Vaalrock-afdeling, Rammolutsi, binnegegaan het terwyl sy besig was om op die selfoon te praat.

Hulle het ’n vuurwapen op haar gerig en haar selfoon gesteel. Die verdagtes het ddaarna aarin geslaag om toegang tot die skool se banktoep op haar foon te kry en het hulle ’n onbekende bedrag geld uit die rekening oorgeplaas.

Die sefloon is later op ’n grondpad in die rigting van ’n plaas buite Viljoenskroon weggegooi. Daar is toe vasgestel dat die SIM-kaart van die gesteelde foon in ’n ander selfoon geplaas is, wat gelei het tot die inhegtenisneming van die vyf verdagtes. Die voertuig wat vir die pleeg van die misdaad gebruik is, is ook gekonfiskeer.

Die voertuig wat deur die verdagtes gebruik is.
Die voertuig wat deur die verdagtes gebruik is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button