Local newsNews
Moenie die kans laat verbygaan om dié prag boekprys te wen
Parys Gazette se lesers staan elke maand die kans om 'n boekprys te wen.
Hou jy van blokkiesraaisels, is lief vir lees en wil graag jou Bybelkennis toets:
Nou is jou kans om te wen, maar jy moet gou spring! Toets jou kennis van die Bybel met die Bybelblokraai wat voortaan maandeliks deur die AGS Sion-gemeente in samewerking met Parys Gazette aangebied word en staan ‘n kans om elke maand ‘n fantastiese boekprys te wen.
Met die blokraai wat in vandeesweek se Parys Gazette is, kan jy Die krag van gebed wanneer jy vrees deur Stormie Omartian wen.

Al wat jy moet doen is om ‘n foto van jou voltooide blokraai te neem, en dan die foto te WhatsApp na die nommer by die blokraai om in aanmerking te kom vir die boekprys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



