Local newsNews

Genade ten spyte van groot skade na brand by haarkapper

Hanli sal steeds haar kliënte van diens kan wees en kan mense haar skakel by 072 135 5556. 

Die haarkapperstoel en al die meubels en inhoud van die manshaarkapper in die houthuis by die Pick ‘n Pay-sentrum in Parys se sakekern, is vanmiddag laat in ‘n brand vernietig. Die brand het na besigheidsure rondom 15:00 ontstaan en was daar niemand in die haarkapper ten tyde van die brand nie.

Walter wat help met die trollies by Pick ‘n Pay, het die vlamme opgemerk en dadelik hulp ontbied waarop sentrumsekuriteitspersoneel en die Ngwathe Brandweer gehelp het om die vlamme te blus. Dit is nie bekend wat die brand veroorsaak het nie.

Die haarkapper is die afgelope 11 jaar in die houthuis gevestig met menige mans en skoolseuns wat oor jare hier hul hare by Hanli se haarkapper kom sny het.

Vir die afgelope 11 jaar ken Parysenaars die vriendelike diens van Hanli se haarkapper by die Pick ‘n Pay sentrum.

Ten spyte van haar verlies en die hartseer oor wat in die brand vernietig is, is daar ook oneindige dankbaarheid en genade, vertel Hanli. Sy het altyd saans haar haarknippers huis toe geneem, en sal sy dus steeds ‘n diens aan kliënte kan lewer.

Kliënte kan Hanli skakel by 072 135 5556. 

Hanli het ook dankie gesê aan elkeen wat vanmiddag gehelp het om die brand te blus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button