Local newsNews
Saam leer is hope pret
Nie net is die werkswinkels kosbare saamwees-tyd nie, maar word nuttige vaardighede geleer.
By Mica Parys word kinderhandjies sommer klein-klein geleer hoe om kraggereedskap onder toesig te gebruik by die gereelde maandelikse werkswinkels wat hier aangebied word.
Die baie leersame werkswinkels bied vir pa’s en seuns, maar selfs vir pa en ma en die kleingoed die kans om saam tyd te spandeer, iets kreatief te maak, en boonop verskillende vaardighede baas te
raak.
Die foto’s is geneem toe daar onlangs snyborde gemaak is.










At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



