Local newsNews

R35 000 op die spel vir 1 ton pampoen-reus

Die jaarlikse Goliat van Gat se Pampoenfees vind plaas Saterdag, 14 Maart in Pretoria en is dit nie net die pampoen bielies wat beoordeel word nie, maar selfs pampoengeregte. 'n Dag vol van feestelikhede word beplan.

Pampoene op dakke, op bakkies, op sleepwaens, op rakke, en selfs in die nuus. Die groot vraag wat oral gevra word – gaan ons vanjaar die gesogte 1 ton-pampoen sien?

Die kwekers bly stil, maar die afwagting en opgewondenheid is groot.

Indien ’n pampoen wel die indrukwekkende 1 ton-merk haal, is daar ’n kontantprys van R35 000 op die spel, geborg deur Laeveld Agrochem. Daarbenewens is daar pryse vir die eerste tien swaarste pampoene, junior kwekers onder 16 jaar, asook vir die mooiste en selfs die lelikste pampoen. Die gewilde pampoenpitspoeg- en pampoenresies-kompetisies sorg verder vir pret en gesinsvermaak.

Die jaarlikse Goliat van Gat se Pampoenfees aangebied deur Cullinan Boere-unie vind plaas Saterdag, 14 Maart, by die Lavender Kontrei Mark, Onderstepoort, Pretoria, vanaf 09:00 tot 15:00.

Intussen het die feestelikhede reeds afgeskop met ’n gewig-raai-kompetisie by Fruit Stop in 10de Laan, Gezina, Pretoria. Die publiek word uitgenooi om daar ’n draai te maak, iets te koop, in te skryf en ’n kans te staan om ’n koopbewys te wen.

Voorbereidings vir die groot kompetisiedag is reeds volstoom aan die gang. Feesgangers kan uitsien na lewendige vermaak deur die bekende sanger Pieter Koen, talle stalletjies, genoeg eet- en drinkgoed, asook ’n kindervriendelike vermaakarea. Daar sal voldoende sit- en kuierplek wees vir die hele gesin.

Toegang beloop R20 per persoon, terwyl pensioenarisse en kinders onder 12 jaar gratis toegang geniet.

Daar word ook ’n pampoengereg-kompetisie aangebied. Bring jou gunsteling pampoengereg, skryf in, en staan ’n kans om ’n kookles by Steyn’s Kookskool in Hatfield, Pretoria, te wen.

Die publiek word genooi om deel te wees van hierdie unieke landboufees!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button