
Die grasdak lapa in Parys se Mimosa Tuine-oord, het vanoggend afgebrand.
Dié lapa was eens ‘n gewilde kuierplek waar talle funksies en vergaderings oor jare gehou is. Van die Ondersteunersklub se funksies, tot VLU en potjiekosgeleenthede.


Hoewel hulp dadelik verleen is deur die Ngwathe Brandweer en Security Master, het die vlamme met die wind vinnig oor die grasdak versprei, en kon dit nie gered word nie.
Die nabygeleë ablusieblok se dak het ook begin brand, maar is gekeer dat daar verdere skade is.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



