News

Kyk wat kan gedoen word as mense saamwerk

'n Hele straat reggemaak

Vandag word daar slaggate reggemaak in Gradwellstraat. Die hele straat –  nie net voor een huis nie. Voor elke huis van hierdie sowat 20 inwoners van die straat.

En dit is alles moontlik gemaak danksy ‘n hele straat se mense wat eenvoudig besluit het – ons gaan saamwerk.

Toe daar op die straat se WhatsApp-groep gevra is vir hulp om die straat reg te maak, het ieder en elk bygedra – of dit nou ‘n klein of groot bydrae was. Of dit was om self te kom help toesig hou of te werk, toerusting en gereedskap te gee of ‘n koeldrank te bring vir die wat werk. Almal het op een of ander manier bygedra.

En dit is nie al nie. Daar is selfs beesstert gekook vir hulle wat kom werk het – nog ‘n bydrae van een van die inwoners van dié straat. ‘n Groot feesmaal om die kroon te span op die dag se werk.

Vir die projek het die inwoners sowat R4 500 ingesamel, en sou dit nie genoeg wees om die hele straat se slaggate reg te maak nie, sal daar weer fondse bymekaar gemaak word.

Agt tuinwerkers was ook deel van die aksie en is deur inwoners beskikbaar gestel is om te help vandag.

‘n Ongelooflike spanpoging met ‘n resultaat waarop die inwoners baie trots kan wees.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button