Molen Kórus bederf met Kers Ekstravaganza
Die konsert bied ’n feestelike verskeidenheid kersmusiek en ander musikale items en genres.
Molen Kórusbied se feestelike Kersfees Ekstravaganza kan gehoor word Saterdag 7 November om 17:30 by die NG Kerk Moedergemeente, op die hoek van Nelson Mandela- en Beyers Naudé-rylaan in Potchefstroom
Die konsert bied ’n feestelike verskeidenheid kersmusiek en ander musikale items en genres, met geliefde Kersliedere en verrassende musikale oomblikke vir oud en jonk wat ’n besondere geleentheid beloof te wees om die Kersseisoen met pragtige
musiek af te skop.
Kaartjies is aanlyn by Quicket en by die deure beskikbaar. Bring familie en vriende en kom deel in die vreugde van Kersfees saam met Molen Kórus.

Kom blus jou koorlus en ondersteun plaaslike koormusiek en die voortgesette werk van hierdie kamerkoor waarvan verskeie Parysenaars ook deel is.
Wil jy graag deel word van hierdie besondere kamerkoor?
Molen Kórus hou oudisies op 10 November 2026 in die Heimatgebou op die NWU-kampus in Potchefstroom.
Volg die skakel vir meer inligting: linktr.ee/molenkorus

Volg ook Molen Kórus op Facebook en Instagram vir meer inligting oor die koor, oudisies en toekomstige optredes.



