Nie ouderdom of gestremdheid hou ruiters weg by dié kampioenskap
Ongelooflike vernuf van perd en ruiter word dié week in Parys gesien - kom kyk


Om 600 perde uit al 9 provinsies in ‘n parade vroeg op ‘n Sondagoggend te sien, is beslis ‘n gesig wat nie jy nie aldag sien nie. Met dié parade is die SA National Western Mounted Games vanoggend amptelik geopen by die AfriDome in Parys.




Ruiters van so jonk as 6 jaar, en so oud as 83 neem vanjaar deel.
Maar dié kampioenskappe is ‘n kampioenskap vir almal en sluit ook gestremde ruiters in. ‘n Besonder merkwaardige prestasie as in ag geneem word dat dié ruiters onder dieselfde reëls as nie-gestremdes deelneem, en van hulle nog net die afgelope jaar kompeterend ry.


Foto: SJ van Wyngaardt op sy perd, Troy, saam met sy aftigter Noeline Pinsloo, met Siyabonga Morebudi op haar perd Hope. Beide SJ en Siyabonga is outisties en neem as gestremde ruiters vir Gauteng aan die kampioenskap deel.
Fritz Brand, ‘n gesiggestremde ruiter neem vir die Limpopo provinsie deel, terwyl Willemien Smit, nog ‘n gestremde ruitertjie vir die Vrystaat deelneem.

Lee-Ann Pitout, ‘n Guatengse ruiter, is serebraal gestremd en ry maar nog net die afgelope jaar. Dit is haar eerste nasionale kampioenskape.
Alle ruiters moet aan al 10 die verskillende items deelneem tydens die kampioenskappe. Van die items sluit in Barel Racing, Speed Ball, Pole Bending, Keyhole en Figure 8 Flags, en verg besondere vernuf van perd en ruiter wat teen tyd die uitdagings op die baan moet voltooi.
Die kampioenskappe is oop vir die publiek. Kom kyk na die ongelooflike ruiterkuns en ondersteun die deelnemers.

Die SA National Western Mounted Games eindig Woensdag 5 Oktober en ding die ruiters mee van 08:00 soggens tot 17:00 saans. DIe top ruiters en klasse in die SA Equistrian Federation en ook die internasionale ruiterspan van Zimbabwe sal Dinsdag en Woensdag in aksie wees.





