News

Brand by waterwerke; skade groot

Toetslaboratorium verwoes

Enorme skade aan laboratoriumtoerusting en rekenaars in die toetslaboratorium by Parys se watersuiweringswerke, is Satermiddag 24 Junie, net na 16:00 aangerig nadat vlamme van ‘n veldbrand teenaan die waterwerke na die laboratoriumgebou versprei het.

Die raadsaal in die gebou het afgebrand het mnr. Phele, Ngwathe se waarnemende tegniese direkteur gesê, maar dit is die enorme brand- en waterskade in die laboratorium  wat groot kommer wek.

Die laboratoriumtoerusting in die gebou is deur De Beers Voorspoed Myn aan die Ngwathe munisipaliteit geskenk, en is die R2,2 miljoen se splinternuwe toerusting en gerenoveerde toetslaboratorium in September 2021 aan die munisipaliteit oorhandig. Daar is toe gesê dat die laboratorium ‘n belangrike bydrae sou lewer om te verseker dat veilige en skoon water aan die gemeenskap van Parys gelewer kan word.

Nou is die geld wat vir die labotorium geskenk was, letterlik in die water.

Die brand kon vinnig onder beheer gebring word danksy die vinnige optrede van LGV, Working on Fire, Ngwathe Brandweer- en Nooddiens en Parys Medix. Raadslede Marinda Matthysen-Engelbrecht en Selma Kok was ook op die toneel om hulp te verleen

Dit was reeds die tweede brand by ‘n gebou op die waterwerke-perseel die afgelope paar maande.

Veral in wintertyd is dit kritiek belangrik dat gras rondom geboue veral by sleutelpunte soos die waterwerke kort gehou word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button