News

Skaap- en bokboere baat by dié dag

Nagenoeg 40 skaap- en bokboere het onlangs gebaat by 'n inligtingsdag wat deur Parys Dierehospitaal by die AfriDome aangebied is. Die dag was by uitstek 'n geleentheid om skaap- en bokboere in die distrik te ontmoet, en 'n netwerkgeleentheid te skep met borge en veeartse van Parys Dierehospitaal, terwyl gasspreker, Ariena Shepherd van Bergville, haar ekspert kennis en ervaring as spesialis op die gebied van kleinvee kom deel het.

 

Ariena was van die eerste studente in Suid-Afrika om haar meestersgraad in kleinvee te verwerf, en het sy die belangrike rol
wat skape en bokke vervul in die wêreldmark ten opsigte van veral melk en wolproduksie, onderstreep. Die diverse bokboerbedryf is tans van die vinnigste groeiende lewende hawe bedrywe ter wêreld.

Die helfte van Mohair produksie in die wêreld kom van Suid-Afrika waar die boerbok, Kalahari Red, Savannah, Angora
en inheemse veldbokke gekry word. Mohair wat deur die Suid-Afrikaanse mark gelewer word, is van die hoogste gehalte ter wêreld. en is die hoogste prys wat vanjaar gehaal is, R973 per kilogram.

Van die interessanthede waarop gewys is, is dat bokmelk anders as beesmelk, onmiddellik gevries kan word. Ariena het gewys
op die verskille tussen bokke en skape ten opsigte van voorkoms, voedingsvoorkeure, reproduksie en sinkronisasie, siektes en algemene welstand van kuddes, asook sensitiwiteit vir klimaatsomstandighede. Daar is ook omvattend gesels oor kuddebestuur om siektes te voorkom. Na afloop van die gesprek was daar geleentheid vir boere vir vrae.

Die aanbieding is afgewissel met aanbiedings van die borge wat gehelp het om die dag moontlik te maak. Borge het ingesluit
Zoetis, Lionel’s, Telwiedre Voere en Hipra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button