News

Gratis gesondheidstoetse en heerlike wors op die kole Saterdag

Wanneer dit by gesondheid kom, verwaarloos ons dikwels die basiese toetse wat 'n vroeë waarskuwing van meer ernstige gesondheidsprobleme kan wees. As jy boonop gratis hierdie basiese toetse vir die hele gesin kan laat doen, en sommer 'n lekker stukkie wors op die kole kan koop op die vooraand van Nasionale Braaidag, dan het jy 'n wenkombinasie.

 

Die Rotariërklub van Parys in samewerking met die Nederduits Hervormde Kerk van Parys, en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, bied ‘n Worsbraai en Familie Gesondheidsdag aan hierdie Saterdag, 23 September, by die Nederduits Hervormde Kerk in Parys (h/v Loop- en Paulsenstraat) vanaf 09:00 tot 15:00. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens moedig spesifiek skenkers, en nuwe skenkers aan om sommer ook ‘n draai te maak by die mobiele skenkerkskliniek wat op die terrein sal wees.
Behalwe vir die heerlike geur van gebraaide wors wat jou mond sal laat water, en die gratis gesondheidstoetse is daar ook allerlei aktiwiteite en pret vir die hele familie waaraan deelgeneem kan word.

Gratis gesondheidstoetse wat gebied word, sluit in:
* Bloeddruk
* Cholesterol
* Suiker
* Tandheelkundige ondersoeke
* Oog ondersoeke
* Bloedgroeperingstoetse
Aktiwiteite en pret vir die familie sluit in die heerlike kosstalletjies, kinderpret – (gesigverf, springkasteel, ensovoorts), fiksheid en oefening, hiperbariese terapie en noodhulp demonstrasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button