
Saterdag het die modder en stof deur die mielielande behoorlik getrek toe die 84 motors en sowat 30 motorfietse die jaarlikse Weiveld Rally pretuitdaging aangepak het. Soos vorige jare was die Quarter Mile uitdaging vir die spoedvrate egter een van die groot hoogtepunte.
Foto’s: Brenda Retief.
Met die uitdaging is gekyk wie die vinnigste die kwartmyl tussen die mielielande kon ry. ‘n Uitdaging vir die waaghalsiges en die ‘adrenalien junkies’!
Foto: Brenda Retief.
Foto: Brenda Retief.
Die Quarter Mile is deur Vicky van der Westhuizen, Muller van der Westhuizen en Hennie van der Westhuizen gewen.
Die Die Rally word sedert 2013 aangebied, en was die fondse wat vanjaar ingesamel is ten bate van die Parys-rugbyklub. Sowat 400 mense het die dag bygewoon.

Foto: Sanmari Nuttall.
Dankie aan Bosveld Braai, Jacks Paint, Vaal Toyota, Agri Wes, Senwes, Jann’s Mini Doughnuts, Dunlop, Battery Centre, Cairo, Biki Byte Bistro kos, Koepel Abattoir, United Seed, Country Ox, Bruyns Equipment, Jonsson, AB’s, Coastal Hire, Tip Top, Isuzu, New Holland, Inteligro, Biltong +1, Tweeling Slaghuis, Klipfontein Water, Doringbos Biltong, Multi Green, Pannar, Pioneer en ALM wat die dag moontlik gemaak het.