Local newsNews

Gedenksteen vir oudskoliere wat  in oorlog sterf

Dankie aan hulle wat die inisiatief geneem het om hier reg te maak.

Die koper gedenkplaat wat ‘n tyd gelede verdwyn het van die senotaaf voor die stadsaal ter herdenking aan Parys-skoliere wat in die grensoorlog gesneuwel het, is voorverlede week vervang met ‘n granietsteen geskenk deur Chris Greeff, ‘n oudskolier van Hoërskool Parys.
Die plasing van die steen is gedoen deur Moth Johan de Vries en Gert Bezuidenhout in samewerking met Jan-Danie Malan van die Parys Kultuurnetwerk.

Die senotaaf is destyds voor die stadsaal opgerig ter nagedagtenis aan hulle wat in die distrik gevestig was, en in verskillende oorloë gesterf het.

Jan-Danie Malan saam met Johan de Vries met die plasing van die gedenksteen

Die gedenksteen op die besondere senotaaf voor die Parys-stadsaal ter nagedagtenis aan hulle wat in verskillende oorloë gesterf het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button