Local newsNews

NACSSA lidmaatskap maak deure oop vir die Koepel Bewarea

Die lidmaatskap maak deure oop vir die bewaring van die Vredefort Koepel se biodiversiteit, geologiese en kultuurhistoriese waarde.

Die Koepel Bewarea se lidmaatskap van die National Association of Conservancies/Stewardship South Africa (NACSSA) sal deure oopmaak vir die bewaring van die Vredefort Koepel se biodiversiteit, geologiese en kultuurhistoriese waarde. Die Koepel Bewarea is vanaf 1 November amptelik lid van NACSSA.

Koepel Bewarea voorsitter, Dr Biddie Biddulph, het tydens die Koepel Bewarea se jaarvergadering wat op 18 November 2023 by Kiepersol Country Retreat in die skilderagtige Koepel bergland natuurskoon gehou is, gesê dié lidmaatskap is ‘n groot stap vorentoe vir die Koepel Bewarea, en sê hy die ondersteuning van NACSSA bring baie kundigheid en ervaring na die Vredefort Koepel spesifiek ten opsigte van bewaringsprojekte. Hy het ook verduidelik dat lidmaatskap aan die sambreel bewaringsorganisasie. ‘n intensiewe proses was om uiteindelik aanvaar en geregistreer te word by NACSSA.

Mnr John Wesson, voorsitter van NACSSA, het die Koepel Bewarea gelukgewens met hul lidmaatskap, en die
hoop uitgespreek dat daar ‘n lang en wedersyds voordelige verhouding tussen die twee organisasies sal wees.
Daar sal vroeg in die nuwe jaar ‘n werksessie tussen die twee organisasies wees om hul werkswyse en die
ondersteuning wat NACSSA aan die Koepel Bewarea kan bied, uit te klaar.

Die Koepel Bewarea gee aan sy die lede die inligtingsbord met die tarentaal daarop wat die universele embleem vir bewaring is.

Wie is NACSSA:
The National Association of Conservancies / Stewardship of South Africa (NACSSA) is in 2003 gestig om soveel moontlik behoorlik saamgestelde provinsiale bewaringsverenigings te koördineer en te verteenwoordig as hul nasionale verteenwoordiger.

Die organisasie stel hom ten doel om Suid-Afrika se biodiversiteit, omgewing en omgewingsverwante dienste te bevorder in samewerking met grondeienaars. Daarom word ‘n bewustheid geskep vir die belangrikheid van die bewaring van die omgewing op nasionale vlak. Hulle help en lei provinsiale bewaringsverenigings op, terwyl elke vereniging se outonomiteit gerespekteer word. Ondersteuning word ook gegee aan individuele bewaringsentiteite waar daar geen provinsiale bewaringsvereniging in plek is nie, of waar provinsiale regeringsliggame nog nie bewaringsverenigings geregistreer het nie.

Sodoende word ‘n sterk verenigde stem vir bewaring en rentmeesterskap in Suid-Afrika ontwikkel, en samewerking met nie-regeringsorganisasies bevorder.

Related Articles

Back to top button