Local news

Dit is die hartlikheid van Parys wat besoekers lok

Parys se Vroue Landbou Unie-tak het met hul November-byeenkoms gesels oor toerisme wat die hartklop van Parys is. Twee gidse van Real Adventures, Gift en Lucky, het die dames behoorlik laat kopkrap met hul ‘ysbreker’ speletjies waarmee verskillende maniere van kommunikasie geleer is. Marizan Leondios het daarna oor toerisme gesels en waarom dit so belangrik …

Parys se Vroue Landbou Unie-tak het met hul November-byeenkoms gesels oor toerisme wat die hartklop van Parys is.

Twee gidse van Real Adventures, Gift en Lucky, het die dames behoorlik laat kopkrap met hul ‘ysbreker’ speletjies waarmee verskillende maniere van kommunikasie geleer is.

Dit was kophou met dié spanbou-aktiwiteit vir die plaaslike VLU-vroue

Marizan Leondios het daarna oor toerisme gesels en waarom dit so belangrik is.

Sy het verduidelik hoe besoekers restaurante, gastehuise en lodges, vulstasies, markte, stalletjies, winkels en besienswaardighede besoek en ondersteun, en dit dan ‘n rimpel effek het wat weer werksgeleenthede skep. As dit gebeur word Parys as plattelandse dorp in ‘n besige omgewing omskep wat tot inwoners se voordeel strek, het sy gesê.

Die hartlikheid waarmee besoekers in die Vrystaatse Paris verwelkom word is juis van die groot redes waarom dit naweek na naweek wemel van die voete en wiele in Parys se hoofstraat wat bekend is vir daardie tikkie Franse finesse in die hart van die Vrystaat.

Related Articles

Back to top button