
Dit was liefde met die eerste oogopslag toe hy haar in haar suster se woonstel in Pretoria ontmoet het, Sestig jaar later brand die liefdesvlam nog net so sterk vir Pierre en Heilie Boulogne. Dis die daarwees vir mekaar, geloof, hoop en liefde wat die gom is wat hul saamhou, sê die twee. Saamstaan, saam doen en saamwees wat hul soos mos aan mekaar laat groei het oor jare.
Pierre het het vir Heilie ontmoet toe hy saam met Heilie se swaer, Jan van Deventer, as tegnikus by die SAUK se Uitsaai-afdeling gewerk het. En Heilie het geweet dis haar trouman en sielsgenoot toe sy hom daardie eerste aand gesien het.
Op 7 Desember 1963 beloof die boorling van Bloemfontein, en sy – ‘n gebore Parysenaar, trou in die Gereformeerde Kerk in Vereeniging. Drie kinders is vir hulle gebore, maar staan hulle in 2007 hul oudste seun, Pieter, aan die dood af na ‘n hartaanval.
Na hul troue was hul aanvanklik sewe jaar in Bloemfontein gevestig, en trek toe Pretoria toe waar hulle vir 30 jaar in Sinoville sou woon.
Met Pierre se aftrede by die SAUK in 1995 het hy 37 jaar diens in die Uitsaaiwese gehad. Jare waarin hy baie bekendes en geliedes in die uitsaaibedryf ontmoet het.
In 1999 besluit hulle om na Parys te verhuis, maar vir stilsit was daar nie tyd nie. Hul stig die Koepel Motorklub en reël ‘n Wieke en Wiele Skou saam met die Parys-vliegklub. Na vyf jaar tree hul uit beide klubs vir ‘n welverdiende terugsit om hul aftrede behoorlik te kan geniet.
Gedurende Covid raak albei gelyktydig siek, maar herstel wonderbaarlik.
Vandeesweek kon hul die groot sestig se saamwees vier saam met hul kinders, Thea en Cobus, skoondogters Heidi en Sindy, kleinkinders Roxi, Dylan, Brandon, Monique, Leia en Shandré, en agterkleindogter, Amber.