Local newsNews

Parys glinster steeds op die glansverhoog

Vir jare ry skoonhede, en glanspersoonlikhede van die Kaap tot Tzaneen na dié Vrystaatse dorpie wat naas sy besonderse natuurskoon bekend is vir sy talentvolle ontwerpers, en weet jy dat 'n besoek aan die dorp die moeite werd is vir meer as een rede.

Nie eens die knaende droë krane of dreunsang van kragopwekkers kon die kolligsteel van die Vrystaatse dorp Parys met die glans kroningsgeleentheid van vanjaar se Mev. Suid-Afrika wat by Emperor’s Palace gehou is. Verskeie van die eregaste en
finaliste by vanjaar se kroning het gestraal in die skeppings van twee van die dorp se  mode-ontwerpers.

Die uitsonderlike skeppings van Werner Dey en Tienie Boshoff het getuig van meesters vakmanskap wat die eindresultaat was van maande se beplanning, wat reeds in Julie begin het met die aankondiging van die top 100 deelnemers. Net vyf ontwerpers het die eer gehad om die finaliste vir die glansaand te klee, en het Werner die rokke van ses van die finaliste gemaak.

Van die ses wat hy geklee het, het twee onder die top vyf geëindig, en is Noeline Rajbally as tweede prinses gekroon.


Mev. SA, Tshego Gaelae, op haar kroningsaand saam met haar twee prinsesse, Pearl Nikolic en Noeline Rajbally. Noeline is geklee
deur Werner Dey Couture.

Van die prag skeppings van Werner Dey Couture. 

Kalib Monroe en Werner Dey van Werner Dey Couture. Werner was verantwoordelik vir die uitrustings van ses van die finaliste van vanjaar se Mev SAkroning, asook die rokke
van vier ander skoonhede wat eregaste was by die geleentheid

Daarbenewens was Werner verantwoordelik vir die uitrustings van Nicole Capper (‘n naaswenner van Survival en aankondiger by die glansgeleentheid), Joani Johnson (hoofuitvoerende beampte van die Mev.
Suid-Afrika kompetisie en self ‘n voormalige Mev. SA), Sargam Koushal (Mev. Wêreld 2023), en hoofbeoordelaar, Matapa Maila
(die 2019 kroondraer en 1ste prinses vir Mev. Wêreld).

Werner is die afgelope 11 jaar betrokke by die Mev. SA kroning, en voorheen ook by die Mej. SA kompetisie. Met sy ontwerpe is baie aandag aan detail gegee in die afwerking van die ontwerpe in wit, geaksentueer met goud en silwer. Ure se werk wat ingesit is ten spyte van die
uitdagings wat beurtkrag ook vir dié modeontwerpbedryf inhou.

Tienie Boshoff Couture was verantwoordelik vir die stylvolle skeppings van Jacqueline Ferns (die 2020 Mev. SA kroondraer en een van die beoordelaars van vanjaar se kroning), asook Jo Judnick-Wilson (Mev. SA 2022). Hy is sedert 2022 betrokke by die Mev. SA kompetisie.

Vir Jacqueline het Tienie ‘n stylvolle ontwerp in geel gekies wat haar swanger figuur sou komplementeer, terwyl vleeskleur met pêrelafwerking vir Jo se rok gekies is.

Vir jare ry skoonhede, en glanspersoonlikhede van die Kaap tot Tzaneen na dié Vrystaatse dorpie wat naas sy besonderse natuurskoon bekend is vir sy talentvolle ontwerpers, en weet jy dat ‘n besoek aan die dorp die moeite werd is vir meer as een rede.

* Die artikel word opgedra aan die vervaardiger van die kroningsgeleentheid, Wayne Stafford, wat verlede week, op 27 November, oorlede is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button